Luister nou

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

Deur Marelize Maré

Die burgerregte-organisasie, AfriForum gaan Eskom se aansoek om ’n gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van sowat 8,8% vir 2027/28, teenstaan.

Die organisasie sê dit is onaanvaarbaar dat Eskom miljarde rand se wins rapporteer, terwyl verbruikers steeds met hoë lewenskoste en elektrisiteitstariewe worstel.

AfriForum sê elektrisiteitsverkope het met 6,2% gedaal, maar Eskom se inkomste het toegeneem weens hoër tariewe.

Die organisasie waarsku dat verdere verhogings verbruikers en ondernemings kan dwing om na alternatiewe kragbronne oor te skakel, wat Eskom se verkope verder kan laat daal.

AfriForum sal formele kommentaar by die Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Afrika, Nersa, indien.

Gewilde Nuus

Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye

Trump wil nog name verander

Orania

Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania

Amazon

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys

Boer is nie vir sissies nie

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou

Ander Nuus Artikels

POF-logo
POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.
Siviwe Gwarube by podium
Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube
Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye
Trump wil nog name verander
Orania
Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania
Amazon
Amazon ontken “wit uitsluiting”

Luister nou