Luister nou

Nersa beloof geen verdere kragtariefverhogings vir 2025

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, het vandag in die parlement bevestig dat kragtariewe nie vanjaar verder sal styg nie. Die reguleerder het erken dat daar foute in Eskom se tariefberekeninge was wat veroorsaak het dat verkeerde syfers aanvanklik gebruik is.

Nersa sê Eskom mag wel in die volgende tariefjaar, van 1 April 2026 tot 30 Maart 2027, R12 miljard bykomend deur middel van tariewe verhaal, en in die daaropvolgende jaar ‘n verdere R23 miljard. Die oorblywende R18,987 miljard word uitgestel om verligting vir verbruikers te bied.

Die minister van energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa noem die fout “katastrofies” en neem volle verantwoordelikheid daarvoor. Nersa het reeds optrede teen verantwoordelikes ingestel en beloof dat prosesse sal verbeter om ‘n herhaling hiervan te verhoed.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Untitled design (25)

Naboomspruit gaan DorpToe!

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Ander Nuus Artikels

Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran
Boer tot bord
Die toekoms van die boer na die bord
Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Luister nou