’n Bestedingsoorsig van die nasionale tesourie het bevind dat die regering miljarde rand kan bespaar deur van die eiendomme wat hy verhuur te koop en deur sommige buitelandse missies te sluit. Die regering se tegniese adviessentrum sê voorts dat besparings ook in die groepering van justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid gemaak kan word deur die besteding aan voertuigvlote te hersien. Amptenare van die tesourie het ‘n voorlegging oor die afgelope vyf jaar se bestedingsoorsigte aan die parlement se staande komitee oor bewilligings gedoen. Die bespreking oor die bestedingsoorsig en staatsbesparings kom terwyl die regering probeer om die finansieringsgaping – in die nasionale begroting – te verklein. |
One Response
Presies gee die begroting v kundiges gee hulle n insae vd begroting te besttur, spaar ens want regering wil bet 7milj om almal te bedien.