Luister nou

Name van kinders is bekend

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Gautengse departement van basiese onderwys het die name van die 12 leerlinge wat Maandag in ‘n gru-ongeluk op die R-5-5-3 naby Vanderbijlpark dood is, bekend gemaak.

Die ongeluk het plaasgevind nadat die minibus-taksie waarin hulle skooltoe gery het, met ‘n aankomende vragmotor gebots het.

Beeldmateriaal toon dat die minibus-taksie verskeie voertuie verbygesteek het,waarna dit reg van voor met die aankomende vragmotor gebots het.

Die slagoffers sluit sewe hoërskool leerlinge en vyf laerskool-kinders in.

Verskeie kinders is ook in die ongeluk beseer.

President Cyril Ramaphosa het intussen aangedui dat hy ‘n instruksie vir die departement van basiese onderwys sal uitreik om maniere te vind om skolier vervoer veiliger te maak.

Ramaphosa het gister by die basiese onderwys lekgotla in Boksburg die dringende verbetering van skolier vervoer benadruk.

Die 22-jarige man wat die minibus-taksie bestuur het is intussen op aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur in hegtenis geneem.

 

Fotokrediet: EWN

Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou