Luister nou

Multidissiplinêre span sal koste- en vertraging van Lesotho Hoogland-projek ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die parlement het gehoor dat ‘n multi-dissiplinêre span aangestel sal word om die kosteberamings van die tweede fase van die Lesotho Hoogland-projek te ondersoek.

Dié projek vorm ‘n noodsaaklike deel van die watervoorsieningsplan vir Gauteng en omliggende gebiede vanaf 2028.

Projekbestuurders het aangedui dat die koste van die projek in een jaar met R11-miljard – tot R53-miljard – gestyg het.

Onlangse vertragings sal ook deel vorm van die ondersoek. Die instandhouding moes reeds in Maart afgehandel wees.

Die adjunk-minister van water en sanitasie, David Mahlobo het aan die parlement se portefeuljekomitee oor water en sanitasie gesê dat dit aanvanklik die departement se plan was om tussen 2011 en 2019 die instandhouding van die projek af te handel.

Die kosteberaming het 14 jaar terug op R16-miljard gestaan, en in April 2024 sou dit na raming R42-miljard kos.

2 Responses

  1. Korrupsie het deel geword in byna elke sektor van ons land. Luister maar net na die daaglikse nuusberigte. Daar gaan feitlik geen dag verby sonder dat daar berig word oor korrupsie wat plaasvind nie. Waar gaan dit eindig?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

V (1)

Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte
Fotokrediet: Solidariteit netwerk
Wêreldonderwysersdag word vandag gevier
Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

Luister nou