Wêreldonderwysersdag word vandag onder die tema “Staan saam met Onderwysers” gevier.
Die fokus van vanjaar is die status van die onderwysberoep, die uitdagings wat onderwysers ervaar en maniere om hul rol en welstand te bevorder.
Kenners van die Universiteit Stellenbos sê onder meer onderwysers se emosionele welstand, opleiding in veeltalige omgewings en inklusiewe onderwys is belangrike kwessies.
Die viering fokus ook op die bevordering van lees, moedertaalonderrig en die verbetering van sukkelende skole.