Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het oor die afgelope vyf boekjare byna R2,4 miljard aan huurvlugte bestee.
Die minister van Verdediging, Angie Motshekga sê die grootste bedrag, sowat R753,7 miljoen is in 2022/23 bestee.
Sy erken dat daar in sommige gevalle van normale voorsieningskettingprosesse afgewyk is.
Motshekga sê huurvlugte was onder meer nodig vir mediese ontruimings, vredes- en streeksendings, rampverligting en die vervoer van personeel en toerusting waar kommersiële vlugte nie geskik was nie.
Die departement is steeds besig om die presiese aantal en waarde van die afwykings per vlug te kategoriseer.