Luister nou

Moontlike brandstoftekorte gevrees

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus sê hulle is bekommerd oor moontlike brandstoftekorte in Suid-Afrika, ondanks die departement van Minerale- en Petroleumhulpbronne se versekering dat voldoende voorraad beskikbaar is.

Volgens die party het onafhanklike handelaars en multinasionale agentskappe probleme om genoeg brandstof te kry, en sommige vulstasies se voorrade is reeds op.

Die party sê een ander moontlike rede is dat voorraad teruggehou word totdat die nuwe brandstofpryse in April in werking tree, wat groot winste vir handelaars kan beteken.

Die VF Plus waarsku dat tekorte, of dit nou kunsmatig geskep of werklik is, ernstige ekonomiese skade kan aanrig.

Dit sluit hoër pryse en selfs voedseltekorte in kwesbare gemeenskappe in.

Die party sê Suid-Afrika kry ongeveer 70% van sy brandstof van invoere, wat die land kwesbaar maak tydens internasionale konflikte.

Gewilde Nuus

Anil-Sooklal

SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek

Charlie Kirk 1

Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News
Soektog in Pretoriuskop eindig tragies
Fotokrediet: InBoundSA
SA Airlink word steeds ondersoek
Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Luister nou