Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting die land se begroting in sy geheel aanpas wanneer hy in Mei vir ‘n derde keer dié jaar gaan probeer om ‘n begroting aan die parlement voor te lê.
‘n Inligtingsessie is vir vroeg vanmiddag belê waartydens die tesourie die media oor die begrotingsproses sal inlig.
Die tesourie het ook aangedui dat die datum vir die voorlê van die nuwe begroting binnekort bekend gemaak sal word.
Behalwe dat die geopolitieke omgewing sedert Maart – toe die tweede begroting voorgelê is – aansienlik verander het, is die voorspellings vir globale groei ook aangepas.
Die tesourie het bevestig dat die nuwe begroting voorsiening sal maak vir die nuwe makro-ekonomiese vooruitskattings.