Luister nou

Minister sê hy sal nié bedank nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van finansies, Enoch Godongwana sê hy sal nie bedank ná die besluit om nie voort te gaan met ‘n BTW-verhoging nie.

Sy opmerking kom nadat verskeie politieke partye sy kop geëis het.

Godongwana sê sy werk is om wette voor te lê wat die land se geldsake moet bestuur, en dat niemand gesê het dat dié wette gewild moet wees nie.

Die minister het in Washington by ‘n vergadering van die IMF en die wêreldbank gesê dat die geraas oor jongste gebeure nie die kredietgraderingsagentskappe se siening van Suid-Afrika sal beïnvloed nie.

Volgens hom sal dié agentskappe eerder daarin belang stel om te weet dat die uiteindelike begroting uitvoerbaar en volhoubaar sal wees.

2 Responses

  1. Ja, my oom moet nie stress nie. Die publiek sal van jou ontslae raak. Alle vertroue in jou is velore.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Luister nou