Luister nou

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van finansies, Enoch Godongwana sê die tesourie gaan die salarisse van uitvoerende hoofde en raadslede van staatsbeheerde maatskappye hersien.

Hy sê die salarisse moet die betrokke persoon se kwalifikasies, invloed en mandaat pas. Dit is een van sy departement se drie beplande hersienings van staatsbesteding. Die minister sal ook ‘n oudit van sogenaamde spookwerkers doen asook ‘n ondersoek na hoekom provinsiale regerings en munisipaliteite onderbestee.

Godongwana wil ook weet waarom munisipale projekte nie betyds voltooi word nie en indien relevant, waarom die kwaliteit van die werk nie op standaard is nie.

Die uitvoerende hoof van die Padbestuursverkeersagentskap, Makhosini Msibi het in 2023 ‘n salaris van R10,1-miljoen vir die jaar verdien. Die uitvoerende hoof van die burgerlike lugvaartowerheid, Poppy Khoza se jaarlikse salaris beloop R7,4-miljoen.

One Response

  1. Too little too late. 30 years too late. People have been dying every day for 30 years because they can’t buy food.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Orania

Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania

Amazon

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys

Boer is nie vir sissies nie

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou

Meelbom landscape

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Ander Nuus Artikels

POF-logo
POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.
Siviwe Gwarube by podium
Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube
Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye
Trump wil nog name verander
Orania
Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania
Amazon
Amazon ontken “wit uitsluiting”

Luister nou