Luister nou

Meningsopname: 49% van jong, opgeleide volwassenes sal emigrasie oorweeg

Deur Pretoria FM Nuusspan

Suid-Afrika kan dalk eersdaags ‘n nuwe breinkwyn beleef nadat baie jong – en opgeleide volwassenes – hul voorneme uitgespreek het om te emigreer.

Dit het aan die lig gekom in die organisasie, BrandMapp se jaarlikse meningsopname van 30 000 middelklas en welgestelde jong-volwassenes.

49% van die jong-respondente sê dat hulle waarskynlik – of baie waarskynlik – in die volgende vyf jaar sal emigreer weens ‘n gebrek aan loopbaangeleenthede en kommer oor die land se toekoms.

Die betrokkenes se aangepaste bestedingspatrone ondersteun hul voorneme dat al minder van dié kandidate in onroerende bates belê.

Ashleigh Cumming, ‘n jeugstrateeg by WhyFive, wat die meningsopname saamstel, sê baie van die jongmense het ook aangedui dat hulle paspoorte gereed is sou hulle die besluit neem om groener velde te gaan soek.

Volgens haar huur hierdie ouderdomsgroep huise, maak gebruik van e-vervoerdienste en stroom hulle vermaak eerder as om hulself tot byvoorbeeld ‘n DStv-kontrak te verbind.

Verder toon die opname dat sowat 37% optimisties voel oor Suid-Afrika terwyl 41% onseker oor die land en sy toekoms voel.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Ander Nuus Artikels

Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Luister nou