Luister nou

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, is bekommerd oor bewerings dat lyfstraf nog deur die skoolhoof van die Madisong Hoërskool in Hammanskraal toegedien word.

Volgens die departement het sommige leerlinge na vore gekom met bewerings dat die skoolhoof hulle “fisiek aanrand” as ‘n vorm van wat hy beskou as lyfstraf.

Een van die leerlinge het aangevoer dat haar hand seer is nadat sy gestraf is omdat sy ‘n vakansie-opvangprogram misgeloop het.

Volgens Chiloane is ‘n interne ondersoek tans aan die gang en is ouers gevra om die gevalle by die polisie aan te meld. Die skoolhoof sal nou as ‘n voorsorgmaatreël aan die onderwysdepartement se distrikskantoor moet rapporteer, hangende die ondersoek.

Chiloane sê die bewerings is teleurstellend omdat die departement deurentyd daarna streef om ‘n veilige omgewing vir kinders te skep. Hy het personeellede herinner dat lyfstraf teen Suid-Afrika se wet is, en dat enige vorm van lyfstraf baie ernstig opgeneem sal word.

2 Responses

  1. Die bunny-huggers het die baba met die badwater uitgegooi. In stede van behoorlike regulasies vir lyfstaf is dit verban, met katastrofiese gevolge vir kinders. Ja, hulle boude brand nie meer nie, maar hulle toekoms gaan verlore. Wat is die groter onreg?!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Ander Nuus Artikels

Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou
Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Luister nou