Luister nou

Krejcir beplan hofaansoek oor beweerde menseregte-skendings

Deur Marelize Maré

Die veroordeelde misdaadbaas, Radovan Krejcír, gaan na verwagting ‘n aansoek ingevolge Artikel 342A van die Strafproseswet in die Palm Ridge-landdroshof indien.

Volgens ‘n mediaverklaring wat namens Krejcir deur sy regsverteenwoordigers uitgereik is, voer hy aan dat daar onredelike vertragings in sy hofsake was en dat sy menseregte geskend word.

Krejcir, wat tans sy vonnis in die C-Max-afdeling van die Kgoshi Mampuru-gevangenis uitdien, beweer hy word onder meer nie voldoende toegang tot gesondheidsorg en ander geriewe gegun nie.

Die verklaring lui verder dat Krejcir, nadat hy na bewering alle ander regsopsies uitgeput het, homself in die verrigtinge sal verteenwoordig en sy saak teen die staat sal stel.

Die aansoek sal na verwagting in die Palm Ridge-landdroshof aangehoor word.

Gewilde Nuus

Untitled design (12)

Suid-Afrika kan dalk by Colombia kers opsteek om kiesers by die stembus te kry

Padlangs

O, aarde! Oggende en opstaantyd!

Untitled design (11)

3 000 kruise in September voor Withuis opgerig

Untitled design (10)

TLU SA: Daar lê ’n reusetaak voor

Untitled design (9)

R1,1 miljoen se konsultasiegeld vir bergingsfasiliteit wat nie staan nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: NPR
Rusland val weer Oekraïne aan
Nhanhla Mkhwanazi
Nhlanhla Mkhwanazi se onthullings – ’n jaar later
Untitled design (12)
Suid-Afrika kan dalk by Colombia kers opsteek om kiesers by die stembus te kry
Padlangs
O, aarde! Oggende en opstaantyd!
Untitled design (11)
3 000 kruise in September voor Withuis opgerig

Luister nou