Luister nou

Kleuterzone finaal gelikwideer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die omstrede sake-eienaar, Anthonie Bougas se Kleuterzone-groep is finaal in die hooggeregshof in Pretoria gelikwideer.

Kleuterzone is in 2019 deur Bougas begin.

Die maatskappy is reeds in Maart onder voorlopige likwidasie geplaas, en dié bevel is vandag finaal gemaak. Volgens die likwidateurs het ondersoeke aan die lig gebring dat Kleuterzone se finansiële model onvolhoubaar was.

Wanneer ’n maatskappy onder finale likwidasie geplaas word, beteken dit dat die maatskappy ontbind, sy bates verkoop en sy skuld vereffen word.

Kort na ‘n Moneyweb-berig oor Kleuterzone se sake gepubliseer is, het Bougas die land verlaat. Die berig het onder meer aangevoer dat Kleuterzone ‘n Ponzi-skema is.

Hy was lank in Thailand, maar blyk om nou in Indonesië te wees. Die groep het reeds meer as 80 kleuterskole landwyd gehad.

Nie hy of sy regspan was in die hof nie.

One Response

  1. Hy is lafhartig, hy kan nie die moeilikheid in die gesig staar wat na hom toe kom nie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou