Luister nou

Hill-Lewis: Permanente polisieminister nodig

Deur Walter Ernst

Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, eis dat president Cyril Ramaphosa dringend ’n minister van polisie vas moet aanstel.

Hy sê dat Firoz Cachalia reeds nou al ’n jaar lank in die pos waarneem, nadat Senzo Mchunu geskors is.

Volgens Hill-Lewis is misdaad ’n nasionale krisis en kan daar nie onsekerheid in die leierskap van die polisiediens wees nie.

Dié DA-leier sê as vennoot in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) vra die party dat die persoon wat aangestel word ’n permanente mandaat kry om onder meer misdaadintelligensie op te bou, sigbare polisiëring te versterk, en om dissipline in die polisie te herstel.

“Ons kan nie permanente misdaad met tydelike ministers en tydelike polisieleierskap bekamp nie,” het Hill-Lewis gesê. “Ons het ’n permanente polisieminister nodig … nou!”.

Hill-Lewis sê dat die salaris wat aan ’n tweede minister van polisie betaal word, gebruik kan word om meer polisiebeamptes te befonds.

Volgens hom kan die R2,8 miljoen wat tans aan ’n bykomende minister bestee word, eerder agt nuwe speurders finansier om geweldgeteisterde buurte te beveilig.

“Suid-Afrika moet elke gebroke skakel in die strafregsketting herstel. Ons moet misdadigers vang deur professionele polisiëring, speurders en intelligensie. Ons moet hulle skuldig bevind deur middel van dossiers, forensiese ondersoeke en aanklaers. En ons moet die polisie opruim deur die misdadigers uit die SAPD te kry sodat die SAPD die misdadigers van ons strate af kan kry. Vang. Veroordeel. Skoonmaak.”

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Luister nou