Luister nou

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Europese Hof vir Menseregte het bevind dat die Suid-Afrikaanse atleet, Caster Semenya (34), se verhoor in ‘n Switserse hof nié regverdig was nie.

Die saak hou verband met Semenya se voortslepende geveg met Wêreld Atletiek oor haar testosteroonvlakke. Sy word sedert 2018 verbied om in die 800 meter atletiek-item deel te neem omdat sy weier om medikasie te neem wat haar testosteroonvlakke sal verlaag.

LEES OOK: Caster Semenya se saak oor testosteroonvlakke hervat in Menseregtehof

Die Europese Hof se beslissing verander egter nie Wêreld Atletiek se beleid oor haar deelname nie. Sy mag nogsteeds nie deelneem as sy nie medisyne neem nie. Die Switserse hof is ingevolge die beslissing verplig om Semenya €80 000, sowat R1,6-miljoen te betaal vir haar regskostes.

Semenya het die beslissing verwelkom en sê sy hoop dat atlete, in ‘n soortgelyke situasie, beter beskerm sal word en dat die atlete se regte beskerm sal word.

LEES OOK: Alle vroue-atlete sal voortaan DNS-toetse moet ondergaan voordat hulle mag deelneem

“Die geveg sal nooit verby wees solank as wat daar onreg geskied nie.” Semenya het in 2012 en in 2016 die goue medalje gewen vir die 800m by die Olimpiese Spele.

2 Responses

  1. Hoeveel “normale” vroue kan biologies voortplant nadat dit ‘n vrou bevrug het. Nogal 2 kinders, een dmv kunsmatige inseminasie en die 2de biologies…..
    Haar mediese “toestand” word slegs by uiters skaars biologies mans aangetref?
    Semenya het eintlik ondergemiddelde tye op die baan behaal, vergeleke met erkende manlike kampioene?

    Hy spits hon nou op afrigting toe, na die geboorte van sy laaste dogter in 2022…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

Luister nou