Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Alle vroue-atlete sal voortaan DNS-toetse moet ondergaan voordat hulle mag deelneem

Wêreldatletiek het bekend gemaak dat daar voortaan DNS-toetse van deelnemers in die vroue-kategorieë sal wees.

Die beheerliggaam van alle baan- en velditems – sowel as padwedlope – sê daar is op dié stap besluit om vroue-atlete en die integriteit van vroue-items te beskerm.

Atlete sal aan ‘n eenmalige wangdepper- of droëbloedtoets onderwerp word as deel van ‘n proses wat as nie-indringend beskou word.

Die organisasie het nie ‘n tydlyn vir die inwerkingstelling hiervan uitgereik nie, maar hoop om dit betyds in te stel vir die buitelug-wêreldkampioenskappe in Tokio – later vanjaar.

Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe sê die toetse sal vir alle vroue atlete die nodige selfvertroue gee om in hulle kategorie deel te neem.

Dié beleid sal na verwagting uit verskeie oorde voor die hof gedaag word, maar Coe is hoopvol dat dit elke keer sal slaag.

Die beleid het ‘n direkte uitwerking op transgender vroue, of vroue soos Suid-Afrika se Caster Semenya.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende