Luister nou

Caster Semenya se saak oor testosteroonvlakke hervat in Menseregtehof

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 Mei 2024

Internasionale media berig ook oor die Olimpiese atleet, Caster Semenya (33) se uitgerekte hofstryd teen Wêreld Atletiek, wat vandag weer in die Europese Hof van Menseregte (ECHR) begin.

Semenya het tydens 2012 en 2016 se Olimpiese Spele goud gewen vir die 800 meter baan-item. Sy kon egter nog nie weer ‘n goue medalje najaag nie omdat Wêreld Atletiek in 2018 reëls geïmplementeer het wat haar verplig om medikasie te gebruik om haar testosteroonvlakke te verminder.

LEES OOK: SEMENYA VRA VIR DONASIES VIR REGSKOSTE

Semenya is met ‘n intergeslagtelike toestand gebore, maar identifiseer haarself as ‘n vrou. Die Hof van Arbitrasie vir Sport (CAS) in Lausanne, Switserland het in 2019 teen haar beslis, en het aangevoer dat sy ‘n onregverdige voordeel het teen haar vroulike kompetisie.

Die ECHR het egter in Julie verlede jaar met vier teenoor drie stemme beslis dat CAS se beslissing teen Semenya diskrimineer. Dit het egter nie ‘n verandering in die reëls meegebring nie, en is grootliks simbolies van aard.

LEES OOK: CASTER SEMENYA WEN HOFSAAK OOR TESTOSTEROON-VLAKKE

Die hofsaak wat vandag begin, sal bepaal of Semenya wel medikasie moet gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag. Volgens berigte het sy al meer as R30-miljoen bestee aan regskoste.

Foto: Eurosport

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Inside Politic

Gana vra die president se samewerking

Fotokrediet: WPLN News

Meer Suid-Afrikaners doen aansoek vir vuurwapenlisensies

Fotokrediet: Inside Politic

Gemengde reaksie oor Gana se voorsitterskap

Marilyn-foto

Marilyn Monroe se rokkie waai steeds

Fotokrediet: NOS

Noodvergadering oor Libanon belê

Ander Nuus Artikels

Eksamen-skryf
Matriekuitslae-saak: Hof weier IR se verlof tot appèl
DinaErnstMarais
Kruger-moorde: 2 verdagtes vas
Fotokrediet: Science
Aksieplan om waterprobleme die hoof te bied, saamgestel
Fotokrediet: Inside Politic
Gana vra die president se samewerking
Fotokrediet: WPLN News
Meer Suid-Afrikaners doen aansoek vir vuurwapenlisensies

Luister nou