Luister nou

Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die EFF meen die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die land mislei met sy 2025-begroting wat onlangs voorgelê is.

Die EFF en die DA se dringende aansoek om ‘n stokkie voor Godongwana, se planne vir ‘n BTW-verhoging te steek, is vandag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor.

Die EFF se tesourie-generaal, Omphile Moatwe, het buite die hof gesê dat die BTW-verhoging ‘n bykomende R13,5-miljard moontlik sal maak, maar dat dit nié genoeg is om die tesourie se beweerde R28-miljard tekort te verminder nie.

Die party stel onder meer voor dat “sogenaamde ryk mense” belas moet word.

Indien die raamwerk deurgevoer word, sal BTW in die huidige boekjaar met 0,5% verhoog, en ‘n verdere 0,5% in die volgende boekjaaar.

Dié twee partye se vertekpunte verskil egter deurdat die DA die verhoging teenstaan as lid van die Regering van Nasionale Eenheid terwyl die EFF in die opposisiebanke van die Parlement sit.

Die DA meen die regering moet eerder beter finansiële besluite neem, en meer werk skep.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou