Luister nou

Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking

Deur Pretoria FM Nuusspan

Politieke partye, insluitend die EFF en die MK-party, eis die minister van finansies, Enoch Godongwana se bedanking nadat hy toegegee het en die beplande BTW-verhoging geskrap het.

Die EFF het die begroting as roekeloos beskryf, en gesê die minister het nie die erns van die land se ekonomiese krisis in ag geneem nie. Die EFF het saam met die DA ‘n dringende aansoek by die hof ingedien in ‘n poging om die verhoging stop te sit.

Die MK-party het die ommekeer as ‘n vernederende stap vir die Regering van Nasionale Eenheid beskou. Beide partye beskou die aanvanklike planne as onwettig en ongrondwetlik.

Ingevolge Godongwana se oorspronklike begroting sou BTW in die huidige boekjaar met 0,5% verhoog, gevolg deur ‘n verdere 0,5% in die volgende boekjaar.

Ná Godongwana se aankondiging het sommige ontleders aangevoer dat Godongwana se pos in die kabinet moontlik in gedrang kan wees met dié stap en dat daar nou ander maniere gevind sal moet word om die begroting te laat klop.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou