Luister nou

Departement van Korrektiewe Dienste verdedig Cat se oorplasing

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die departement van korrektiewe dienste gaan sy besluit om die moordbeskuldigde, Vusimuzi “Cat” Matlala, na die eBongweni Super Maksimum Korrektiewe Sentrum in Kokstad, in KwaZulu-Natal te skuif, in die hof verdedig.

Matlala doen aansoek om terug na die Kgosi Mampuru 2 Korrektiewe Sentrum in Pretoria geskuif te word.

Die departement hou vol dat die oorplasing na ‘n uitgebreide risiko en bedreiging assessering, plaasgevind het, maar sê hy is bereid om met Matlala se regsverteenwoordigers te vergader om te verseker dat Matlala betyds by die hof uitkom.

Matlala poog intussen ook om sy saak so spoedig moontlik af te handel.

Hy het saam met sy vrou, Tsakane en die beweerde sluipmoordenaar, Tiego Mabusela en Musa Kekana verlede week in die hooggeregshof verskyn vir voor-verhoor verrigtinge.

Mabusela se dogter, Ntabiseng Nzama, staan ook saam met hulle tereg op aanklagte van poging tot moord, bedrog en geldwassery.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou