Luister nou

DA eis dat staatsdepartemente hulle munisipale skuld moet vereffen

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA eis dat staatsdepartemente in Gauteng hul munisipale skuld moet vereffen.

Die DA se koukusleier in die Tshwane-metro, Cilliers Brink sê hy het ‘n skrywe aan die minister van finansies, Enoch Godongwana, gevra dat die nasionale departement van finansies enige betaling aan die Gautengse provinsiale regering weerhou, totdat munisipale skuld gedelg is.

Hy sê landsburgers word verplig om hulle munisipale rekeninge te betaal en indien dit nie gedoen word nie, word krag of water gesny, maar daar is geen optrede teen staatsdepartemente nie.

Brink sê Gauteng is vinnig besig om ‘n sukkelende provinsie te raak onder die leierskap van Panyaza Lesufi as premier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Supermark

Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse

Fotokrediet: Eating on a dime

Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag

Fotokrediet: AfriForum

Ouers het tot middernag om kinders te plaas

Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News

Soektog in Pretoriuskop eindig tragies

Fotokrediet: InBoundSA

SA Airlink word steeds ondersoek

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM
ANC wil mag met megamunisipaliteit behou
Meelbom landscape
Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 4 September 2026
Supermark
Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse
Fotokrediet: Eating on a dime
Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag

Luister nou