Luister nou

Chris Rea se kitaar vir altyd stil

Esmarie Yssel

Die Britse sanger en liedjieskrywer, Chris Rea, is in die ouderdom van 74 oorlede.

Sy vrou en twee kinders het in ’n mediaverklaring gesê hy is ná ’n kort siekbed tuis oorlede.

Hy is in 2001 met pankreaskanker gediagnoseer, maar sy pankreas is tóé verwyder.

Rea is in Middlesbrough, Engeland gebore. Sy Italiaanse pa en Ierse ma het ’n roomysbesigheid besit en hy het sy rybewystoets met sy pa se roomysbussie geslaag.

Hy het in die sewentigs en tagtigs bekendheid verwerf met treffers soos Fool (If You Think It’s Over) en Let’s Dance.

Sy eerste nommer-een-trefferalbum was in 1989 met The Road to Hell en Auberge wat in 1991 vrygestel is.

Hy het egter oor Desembers gesorg dat sy musiek oral gespeel word met Driving Home for Christmas, wat in 1986 vrygestel is.

Die lied Julia het ook menigte ouerharte geroer. Dié lied is in Oktober 1993 vrygestel as die hoofenkelsnit op sy 13de album, Espresso Logic. Die liedjie is opgedra aan sy dogter, Julia Christina, wat ten tyde van die lied se vrystelling vier jaar oud was. Die liedjie het vir vyf weke op die UK Singles-treffersparade gepronk en word vandag nog deur verskeie Suid-Afrikaanse radiostasies, insluitend Pretoria FM, gespeel.

Fotokrediet: https://commons.wikimedia.org/

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Hill

Nasa het nog planne vir die maan

IMG-20260528-WA0015

Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Fotokrediet: Weet

Nuwe opname oor Poskantoor vs aanlyndienste

Fotokrediet: Wikipedia

Departement van vervoer se stromings-kontrak word ondersoek

Fotokrediet: Credible Source

Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het
Handboeke
VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole
Nhanhla Mkhwanazi
Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend
Fotokrediet: The Hill
Nasa het nog planne vir die maan
IMG-20260528-WA0015
Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Luister nou