Luister nou

Byna R900-miljoen se toelaes aan 25 KZN-munisipaliteite opgeskort

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die LUR vir finansies in KwaZulu-Natal, Francois Rodgers, het bekend gemaak dat stadsrade in dié provinsie honderde miljoen-rand verloor het.

Dit volg nadat die nasionale tesourie voorwaardelike toelaes ten bedrae van meer as R861-miljoen opgeskort het weens swak bestuur van dié toelaes.

Rodgers sê dit raak 25 munisipaliteite in dié provinsie. Dit kom nadat die ouditeur-generaal vroeër die maand gesê het sy is bekommerd oor die finansiële prestasie van munisipaliteite in KZN.

Programme wat hierdeur geraak word sluit energie-verskaffings- en openbare-werke projekte in.

Rodgers sê hy is teleurgesteld in die swak prestasie van munisipaliteite, en die wanbestuur van finansies. “Hierdie swak prestasie raak dienslewering in daardie dorpe.”

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Ander Nuus Artikels

Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Luister nou