Luister nou

Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die burgemeester van die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya sê die kragtoevoer na die Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word.

Moya sê dit volg op ‘n onderneming deur die Gautengse departement van gesondheid dat die agterstallige rekening – van R1,2-miljoen binnekort vereffen sal word. Die uitvoerende hoof van die hospitaal, Mokete Motaung sê ongeag die kragsituasie is die hospitaal steeds oop en word pasiënte behandel.

Die metroraad het onder kritiek deurgeloop nadat die kragtoevoer gister, 5 Mei, afgesny is as deel van sy Tshwane Ya Tima-program.

Dié program het dit ten doel om die metroraad se finansiële sake te verbeter deur die klem op skuldinvordering te plaas.

Intussen sê ActionSA hy ondersteun die ingryping en duidelikheid wat die burgemeester voorsien het.

Moya is ‘n lid van dié party. Action SA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die party neem kennis van die publiek se woede maar meen mense se woede is onregverdig teenoor die stad gerig.

Volgens hom moet mense eerder kwaad wees vir die Gautengse departement van gesondheid wat nie daarin slaag om sy fasiliteite te befonds nie.

Hy sê die nasionale- en provinsiale departemente van gesondheid skuld die meeste geld aan die Tshwane-metro met ‘n bedrag van R1,5-miljard. Beaumont meen die veelparty-koalisie wat Moya lei, het begin om die situasie in die Tshwane-metro om te keer.

Volgens hom word daar goeie veranderinge in die stad raakgesien.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou