Statistiek Suid-Afrika (SSA) het bevind dat die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die eerste kwartaal van 2025 met 0,1% gegroei het in vergelyking met die laaste kwartaal van 2024.
Die landbou-, bosbou en visserye-bedryf het met 15,8% gestyg wat 0,4 persentasie punte bygedra het tot die positiewe BBP-groei.
Die vervoer, en kommunikasie-sektore het met 2,4% gestyg. Net vier uit die 10 sektore het in dié kwartaal gegroei.
Die vervaardigingsbedryf het egter met 2,0% gedaal. Die mynbedryf het met 4,1% gedaal. Hierdie twee sektore het die grootste dalings getoon, en het albei 0,2 van ’n persentasiepunt van BBP-groei afgetrek.
Besteding op die BBP, die ander kant van die vergelyking, het ook met net 0,1% gegroei. Huishoudings se besteding het met 0,4% gegroei en 0,3 van ’n persentasiepunt bygedra.