Luister nou

BBP groei – máár net met 0,1%

Deur Pretoria FM Nuusspan

Statistiek Suid-Afrika (SSA) het bevind dat die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die eerste kwartaal van 2025 met 0,1% gegroei het in vergelyking met die laaste kwartaal van 2024.

Die landbou-, bosbou en visserye-bedryf het met 15,8% gestyg wat 0,4 persentasie punte bygedra het tot die positiewe BBP-groei.

Die vervoer, en kommunikasie-sektore het met 2,4% gestyg. Net vier uit die 10 sektore het in dié kwartaal gegroei.

Die vervaardigingsbedryf het egter met 2,0% gedaal. Die mynbedryf het met 4,1% gedaal. Hierdie twee sektore het die grootste dalings getoon, en het albei 0,2 van ’n persentasiepunt van BBP-groei afgetrek.

Besteding op die BBP, die ander kant van die vergelyking, het ook met net 0,1% gegroei. Huishoudings se besteding het met 0,4% gegroei en 0,3 van ’n persentasiepunt bygedra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Luister nou