Luister nou

“Apartheidsbelasting” van die hand gewys

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die EFF sê hulle sal geen streng maatreëls steun wat befondsing aan noodsaaklike dienste soos gesondheid en onderwys besnoei nie.

Dit volg nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana, vandag vir die derde keer sy begrotingsrede gelewer het en ná sy vennote in die Regering van Nasionale Eenheid nie die ander begrotings gesteun het nie.

Met ’n BTW-verhoging wat nou van die tafel af is, neem die druk op die Tesourie toe om alternatiewe oplossings te vind, om die begroting aan te vul.

Die EFF het die ANC skerp gekritiseer omdat hulle sy voorstelle van hoër maatskappybelasting en die invoer van rykdom- en ‘n sogenaamde “apartheidsbelasting” nie aanvaar het nie.

Die EFF se woordvoerder, Sinawo Tambo het gewaarsku dat dreigende begrotingsbesnoeiings gaan wys wie regtig oor die armes besorg is.

Die party meen dié wat op verpleegsters en onderwysers steun, sal ontbloot word.

Tambo sê: “die EFF is teen ’n BTW-verhoging omdat ons vir die armes opstaan, nou sal ons sien waar die RNE werklik staan.”

 

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou