Die stigter en direkteur van die nou ontbinde KleuterZone-franchisegroep, Anthonie Bougas, is Dinsdag amptelik deur die Pretoriase Hooggeregshof gesekwestreer. Die hof het die finale sekwestrasiebevel toegestaan ná ‘n aansoek deur die likwidateurs van die kleuterskool-groep, Mathys Krog Prokureurs, waarvoor die likwidasiebevel reeds op 14 Mei uitgereilk is. LEES OOK: Kleuterzone-eienaar voorlopig gesekwestreer Bougas het in Februarie saam met van sy familielede eers na Bangkok gevlug – en daarna vermoedelik na Kanada – te midde van die ineenstorting van die landwye kleuterskoolfranchise. Hy was ook in ‘n stadium in Indonesië. Hy het nie die sekwestrasie van sy persoonlike boedel teengestaan nie. Intussen beweer die privaat ondersoeker, Mike Bolhuis, dat dit onwaarskynlik is dat Bougas in Kanada is. Bolhuis en sy span is op Bougas se spoor sedert hy die land vroeër vanjaar verlaat het. LEES OOK: Kleuterzone finaal gelikwideer Volgens Bolhuis is Bougas waarskynlik steeds in Thailand en herlei hy oproepe om dit te laat lyk asof hy vanaf Kanada bel. Die privaatspeurder sê ondersoeke deur sy digitale span toon dat hy glo nog in Thailand is. |