Luister nou

Adjunkpresident het glo bande met die maatskappy wat die nasionale lotery bedryf

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die ondersoekende nuusdiens, amaBhungane berig dat die maatskappy – wat die winsgewende lisensie gekry het om die nasionale lotery vir agt jaar te bedryf – bande met adjunkpresident Paul Mashatile het.

Een van Sizekhaya Holdings se aandeelhouers, Bellamont Gaming, word gedeeltelik deur Mashatile se skoonsuster, Khumo Bogatsu besit.

Sizekhaya se voorsitter, die sakeman Moses Tembe, het ook bande met Mashatile.

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het Sizekhaya op 28 Mei vanjaar aangekondig as die suksesvolle bod-maatskappy na langdurige vertragings om die nuwe lisensiehouer aan te wys.

As teken van die winsgewendheid wat aan dié lisensie gekoppel word berig die nuusdiens dat die houer van die uittredende operateur van die lotery, Ithuba Holdings, in 2024 ‘n omset van R7,28 miljard verklaar het.

 

Grafiek: amaBhungane

‘n Grafiek deur amaBhungane wys die verhoudings.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou