Luister nou

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro, Eugene Modise, lewer tans dié metro se konsepbegroting vir die 2025/2026-boekjaar aan die raad voor.

Dit is die metro se eerste ten volle befondsde begroting sedert 2022, ‘n feit wat Modise as ‘n mylpaal beskryf het.  Volgens hom het die metro se totale begroting in die huidige boekjaar met 2% gegroei tot R777-miljoen.

Modise sê die inkomste weens boetes en ander verbeurings het tot ‘n 32% verlies in die begroting, of sowat R71-miljoen afgeneem. Volgens hom beteken dié verlies dat die metro dringend sy wetstoepassing en invoderingstrategieë moet hersien.

Kostes verbonde aan werknemers het ook volgens Modise met R346-miljoen of 3% afgeneem, danksy planne om die kostes te beperk.

Volgens Modise sal minstens 80 000 poste tussen dié jaar en 2029 in die metro geskep word. Hy het ook planne om R17-miljard in nuwe beleggings te lok. Luidens dié konsepbegroting sal R740-miljoen aan die departement van ekonomiese ontwikkeling en stadsbeplanning toegeken word in ‘n poging om die probleem van werkloosheid in die stad onder die loep te neem.

Intussen het die DA se woordvoerder oor finansies in die Tshwane-metro, Jacqui Uys in ‘n verklaring gesê hulle hoop dat die begroting in die behoeftes van die inwoners sal voldoen en nie deel van die ANC se doelwit word om “goed op papier te lyk nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: AfriForum

Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop

Fotokrediet: Africa Intelligence

Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek

Selby Mbenenge

RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Ander Nuus Artikels

Aerial view of Cape Town, South Africa on a sunny afternoon. Photo taken from a helicopter during air tour of Cape Town
Honderde duisende toeriste besoek SA in Junie
Fotokrediet: hafen-hamburg
Groot olietenksip in Durban se droogdok
Fotokrediet: IG
Oliepryse styg weer skerp
Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek

Luister nou