Die burgerregte-organisasie, AfriForum sê hy is gereed vir ‘n hofstryd teen die naamsverandering van Graaff-Reinet na Robert Sobukwe-dorp, nadat die minister van Sport, Kuns en Kultuur en die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad aangedui het dat hulle die saak gaan teenstaan.
AfriForum voer aan die naamsverandering is in stryd met die Oos-Kaapse beleid oor historiese plekname en dat die meerderheid inwoners daarteen gekant is.
Die organisasie sê die proses was ongrondwetlik en waarsku dat die verandering die dorp se kultuurerfenis, toerisme en plaaslike ekonomie kan benadeel.
‘n Hofdatum moet nog vasgestel word.