Luister nou

30 Junie ’n gewone dag, sê minister

Deur Walter Ernst

Die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê dat die regering flink vorder met die vrywillige repatriasie en deportasie van duisende ongedokumenteerde immigrante, veral uit KwaZulu-Natal.

Die interministeriële komitee oor migrasie het ’n mediakonferensie gehou ten einde verslag te doen oor die Suid-Afrikaanse regering se omvattende strategie rakende migrasiebestuur.

Kubayi sê dat meer as 15 000 Malawiese burgers reeds verwerk is. Buurlande soos Mosambiek en Zimbabwe help finansieel met dié proses.

Die grensbeheer is ook drasties verskerp met padblokkades en satellietmonitering om onwettige toegang te fnuik.

Kubayi waarsku dat geweld, vreemdelingehaat en die verspreiding van fopnuus op sosiale media streng vervolg sal word.

Sy beklemtoon dat wanorde en geweld nie geduld sal word nie en dat 30 Junie ’n normale en veilige werksdag sal wees, met wetstoepassers wat landswyd op ’n hoë gereedheidsgrondslag sal bly.

Burgerregtegroepe soos die March and March-beweging het 30 Junie as ’n sperdatum gegee vir ongedokumenteerde immigrante om Suid-Afrika te verlaat.

 

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou