Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniginghet die Konstitusionele Hof gevra om ’n omstrede definisie van dierewelstand uit die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit te skrap. Die saak is op 26 Mei aangehoor. Volgens SA Jagters is die definisie vaag, onwerkbaar en ingesluit in die wet sonder behoorlike raadpleging met die sektore