Luister nou

Morero gaan nie stry oor Eskom-skuld

Deur Walter Ernst

Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Dada Morero, sê die metro gaan nie die strydbyl met Eskom opneem oor hul reusagtige skuldlas nie.

Morero het tydens sy stadsrede aangekondig dat daar eerder nou saam met die minister van elektrisiteit en energie dr. Kgosientsho Ramokgopa gewerk word om die krisis op te los.

Dit volg ná Eskom gedreig het om kragtoevoer na die goudstad te ontwrig as ’n agterstallige rekening van R5,2 miljard nie vereffen word nie.

Eskom het die Johannesburg metroraad tot 8 Julie tyd gegee om sy uitstaande skuld van R5 miljard te betaal. ’n Bedrag van R1,5 miljard is egter teen 5 Junie betaalbaar.

Eskom se hoof van kragverspreiding, Agnes Mlambo, sê die beplande onderbekings sal soortgelyk wees aan beurtkrag en op sekere tye van die dag plaasvind.

Sy sê indien die metroraad nie met ’n oplossing vorendag kom nie, sal die onderbrekings langer duur.

Volgens Morero is die munisipale skuldprobleem ’n nasionale krisis.

City Power het reeds ’n herstelplan gereed wat op nasionale riglyne gebaseer is om finansiële volhoubaarheid en bestuur in die omstrede entiteit te herstel.

 

Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou