Luister nou

Regering gevra om nie met weermagparade voort te gaan nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vakbondfederasie Cosatu het die regering versoek om nie voort te gaan met beplande Weermagdag-parade ter waarde van 3-honderd-72 miljoen-rand wat op 21 Februarie in Thohoyandou plaasvind nie.

COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê die regering kan nie voortgaan met die duur parade terwyl vredesmagte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, ontplooi in die Demokratiese Republiek die Kongo, lewens verloor het weens ’n gebrek aan steun en wapens nie.

Hy sê dieselfde soldate moes ook toekyk hoe die SANW die helfte van hul toelaes van die Verenigde Nasies weerhou, wat die situasie verder vererger het.

Parks meen die 3-honderd-72 miljoen-rand kan veel beter aangewend word as deel van die regering se pogings om die SANW se kapasiteit te herbou.

 

Fotokrediet: defenceWeb

Gewilde Nuus

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou

Luister nou