Kliniese toetse vir Suid-Afrika se eerste plaaslik-vervaardigde entstof in meer as 50 jaar gaan binnekort van stapel gestuur word.
Die cholera-entstof deur Biovac is amptelik by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto, Gauteng deur die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi en die adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Nomalungelo Gina, bekend gestel.
Die toetse sal deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad gekoördineer word en begin met Fase 1 waartydens daar bepaal sal word of die entstof – wat mondeliks toegedien sal kan word – cholera kan afweer.
Hierdie stap word as deurslaggewend in die vooruitgang van Afrika se entstofselfstandigheid beskou en versterk Suid-Afrika se vermoë om op oordraagbare siektes te kan reageer.