Luister nou

VF Plus spreek kommer uit oor verwaarlosing by bejaardesentrum

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus beskuldig die Ekurhuleni-metroraad daarvan dat hy sy kop in die sand steek oor die ernstige verval by ‘n bejaarde behuisingsentrum in Boksburg.

In ‘n verklaring wat die party uitgereik het, sê die VF Plus dat ‘n oorsigbesoek afgelê is aan die Andries Scribante-woonstelblok in Casonstraat, waar sowat 200 bejaardes woon. Hulle sê die metro het versuim om ernstige strukturele probleme te herstel, ondanks vroeëre versoeke.

Volgens die VF Plus is die gebou in ’n haglike toestand: water stroom uit geroeste pype, riool vloei in woonstelle, plafonne verkrummel, mure is met swamme oortrek en groot krake veroorsaak dat sement uitval.

Die party sê die meerderheid inwoners leef van klein pensioene en betaal al jare lank self vir basiese herstelwerk. Hulle waarsku dat die gesondheid en veiligheid van die inwoners in gevaar is.

Die VF Plus dreig nou om die saak na die Menseregtekommissie te neem as die metro nie dringend optree om die probleme aan te spreek nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou