Luister nou

AGOA-uitsluiting wek kommer

Deur Marelize Maré

Die vakbond, Solidariteit en landbou-organisasie, AgriSA het hul kommer uitgespreek oor die Verenigde State se besluit om Suid-Afrika se voorkeurstatus ingevolge die Wet op Afrika-groei en -geleenthede (AGOA) te beëindig.

Die vakbond, Solidariteit blameer president Cyril Ramaphosa en die regering se buitelandse beleid vir die verswakking van diplomatieke betrekkinge met Washington.

Die vakbond waarsku dat die besluit ernstige gevolge vir Suid-Afrika se uitvoergerigte bedrywe, veral die motor- en landbousektore, kan inhou en duisende werksgeleenthede kan bedreig.

AgriSA beklemtoon egter dat Suid-Afrikaanse produkte steeds na die Amerikaanse mark uitgevoer kan word, maar dat uitvoerders voortaan moontlik hoër invoertariewe sal moet betaal.

Suid-Afrika se landbou-uitvoere na Amerika het verlede jaar sowat $504 miljoen beloop.

Amerika is ook ’n belangrike mark vir sekere produkte, waaronder Suid-Afrikaanse lietsjies.

AgriSA doen ’n beroep op voortgesette diplomatieke gesprekke, duidelike leiding aan uitvoerders oor die tariefimplikasies en groter pogings om alternatiewe uitvoermarkte te ontwikkel.

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Bozell, beskryf die uitsluiting as ’n voorspelbare en voorkombare uitkoms.

Hy sê die Suid-Afrikaanse regering het nie die Amerikaanse regering se kommer ernstig genoeg opgeneem nie.

Bozell sê hy hoop steeds dat ’n oplossing gevind kan word, maar beklemtoon dat Suid-Afrika die erns van die situasie moet besef.

Die besluit beteken dat Suid-Afrika vanaf Januarie nie meer belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark ingevolge AGOA sal geniet nie.

Dit plaas verdere druk op die reeds gespanne handelsbetrekkinge tussen die twee lande.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

VF-Plus gaan klag lê oor uitsprake van MK-party LP

Boer tot bord

Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?

Pretoria FM NEW-LOGO

Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk

Ruaan Pienaar

Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Ander Nuus Artikels

Stembus
Spesiale stemme in die Wes-Kaap skop met haakplekke af
Fotokrediet: OFM
SANBD soek jou bloed!
Fotokrediet: The Citizen
VF-Plus gaan klag lê oor uitsprake van MK-party LP
Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk

Luister nou