Luister nou

Wanvoedingkrisis onder Gautengse kinders

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuwe syfers wys dat ondervoeding onder jong kinders in Gauteng steeds ’n groot bekommernis bly.

Volgens Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, is byna 130 kinders onder die ouderdom van vyf elke jaar weens wanvoeding in die provinsie dood. Die afgelope jaar is meer as 8 000 kinders vir wanvoeding in hospitale en klinieke behandel.

Hospitale wat die hoogste aantal gevalle aangemeld het, sluit die Steve Biko Akademiese Hospitaal en die Rahima Moosa Hospitaal in.

Volgens die DA se skadu-LUR vir gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, behoort dié wanvoedingsyfers ’n skerp wekroep vir staatsdepartemente, veral gesondheid en maatskaplike ontwikkeling te wees.

One Response

  1. En die NG kerk skenk R250 000-00 aan Gaza se terroriste in opleiding.

    Charity begins at home…….

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou