Luister nou

40%-WATERTOETSE WYS WATER BY SKOLE IS ONVEILIG

Deur Pretoria FM Nuusspan

25 Junie 2025

Bykans veertig persent van watermonsters wat by skole regoor die land geneem is, is nie veilig om te drink nie.

Kraanwater asook water in JoJo-tenks en riviere is by 95 skole in agt provinsies getoets.

DIT vorm deel van WaterCAN se Water Warrior-skolewatergehalteprojek wat leerlinge bemagtig om met die nodige toerusting watertoetse te doen.

Daar is bakteriese besmetting in 43% van al die watermonsters bespeur, terwyl 73% van tenkwatermonsters positief getoets het vir bakterieë soos E. Coli.

66% van die monsters uit riviere en 23% van kraanwatermonsters het gevaarlik vir mense getoets.

WaterCAN se hoof, dr. Ferrial Adam, sê met meer as 24-duisend skole in die land is dié net die punt van die ysberg.
Sy sê die geraakte skole is van die wateruitslae verwittig en bygestaan om onmiddellik werk te maak daarvan.

2 Responses

  1. Water in riviere en tenks sal uiteraard nie geskik wees nie? Dis nie behandel nie. Slegs kraanwater wat bakterieë bevat is kommerwekkend.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou