Luister nou

Bergview-skoolhoof maak strafregtelike klag aanhanging teen politici wat hom van verkragting beskuldig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die skoolhoof van die Bergview College in Matatiele het vanoggend ‘n saak van crimen injuria teen politieke leiers aanhangig gemaak nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n leerling in sy skool verkrag het.

LEES OOK: Oos-Kaapse skool opdrag gegee om te deregistreer na verkragting

AfriForum se privaatvervolgingseenheid, wat Jaco Pieterse verteenwoordig, het hom vanoggend na die Sophiatown- en Boksburg-Noord-polisiestasies vergesel om die klagtes aanhangig te maak teen die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, die EFF-leier, Julius Malema en die LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, Fundile Gade.

Jaco Pieterse.

Mbalula en Malema word ook deur klagtes van die skending van die Wet op Kubermisdade en die Wet op Intimidasie in die gesig gestaar.

Die saak is sedert Oktober verlede jaar pal in die media nadat die ma van die 7-jarige kind beweer het dat sy by die skool verkrag is.

LEES OOK: Minister van Polisie skuld Bergview College-hoof ’n verskoning

Die woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, Barry Bateman sê Pieterse en die skool se opsigter, wat ook deur die eenheid verteenwoordig word, is sedert November verlede jaar die teikens van ’n hewige sosialemediaveldtog nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), weens ’n tekort aan bewyse, geweier het om die saak te vervolg.

Die NVG het verlede maand bevestig dat dit besluit het om niemand in verband met die vermeende verkragting te vervolg nie, aangesien daar volgens die NVG se woordvoerder “geen bewyse van verkragting of seksuele aanranding” was ná die minderjarige meisie deur medici en forensiese maatskaplike werkers ondersoek is nie.

LEES OOK: Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Bateman sê die politici se kommentare het ’n man se waardigheid onbillik geskend deur hom te beskuldig van een van die afskuwelikste misdade. “Pieterse is in die openbaar gebrandmerk as ’n pedofiel, ’n brandmerk wat in die oë van die publiek as die mees onherstelbare en verdoemende misdade geag word.”

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel sê hierdie klagtes is net die begin, aangesien die organisasie ook sy regspan opdrag gegee het om sivielregtelike stappe teen Mbalula te doen.

 

One Response

  1. Goed so . . . . . Maar hulle moet persoonlik aanspreeklik gehou word . . . . Hulle moenie belasting betaler se geld gebruik vir hofsake nie . . . .

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou