Die bouprojek aan Lynnwoodweg in Pretoria is reeds sowat 21 maande agter skedule, en die kontrakteur vra nou vir nog drie maande om die werk te voltooi.
Die projek het in Mei 2023 begin en sou teen November 2024 afgehandel wees.
Die kontrakwaarde het intussen volgens die VF Plus van sowat ‘n R146 miljoen tot ‘n R171 miljoen rand gestyg.
Die VF Plus sê die kontrakteur, TCT Civil and Construction, behoort van die projek verwyder en op ’n swartlys geplaas te word, terwyl ’n ondersoek na die kontraktoekenning gedoen moet word.
Die burgerregte-groep, AfriForum Jeug eis intussen antwoorde van die Tshwane-metro oor die vertragings en veiligheid van studente en ander padgebruikers.