Luister nou

Anthonie Bougas finaal gesekwestreer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die stigter en direkteur van die nou ontbinde KleuterZone-franchisegroep, Anthonie Bougas, is Dinsdag amptelik deur die Pretoriase Hooggeregshof gesekwestreer.

Die hof het die finale sekwestrasiebevel toegestaan ná ‘n aansoek deur die likwidateurs van die kleuterskool-groep, Mathys Krog Prokureurs, waarvoor die likwidasiebevel reeds op 14 Mei uitgereilk is.

LEES OOK: Kleuterzone-eienaar voorlopig gesekwestreer

Bougas het in Februarie saam met van sy familielede eers na Bangkok gevlug – en daarna vermoedelik na Kanada – te midde van die ineenstorting van die landwye kleuterskoolfranchise. Hy was ook in ‘n stadium in Indonesië.

Hy het nie die sekwestrasie van sy persoonlike boedel teengestaan nie.

Intussen beweer die privaat ondersoeker, Mike Bolhuis, dat dit onwaarskynlik is dat Bougas in Kanada is. Bolhuis en sy span is op Bougas se spoor sedert hy die land vroeër vanjaar verlaat het.

LEES OOK: Kleuterzone finaal gelikwideer

Volgens Bolhuis is Bougas waarskynlik steeds in Thailand en herlei hy oproepe om dit te laat lyk asof hy vanaf Kanada bel. Die privaatspeurder sê ondersoeke deur sy digitale span toon dat hy glo nog in Thailand is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou