Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het om verskoning gevra aan die kankerpasiënte in die provinsie wat al vir jare nié behandeling ontvang nie.
Lesufi het gister die verskoning gebied tydens ‘n vraag-en-antwoord sessie in die wetgewer.
Die hoogeregshof in Gauteng het sowat twee maande gelede beslis dat die departement van gesondheid in Gauteng se onvermoë om behandeling te bied, onwettig en ongrondwetlik is.
Die DA in Gauteng sê Lesufi se verskoning kom veels te laat, en beteken niks vir diegene wat oorlede is weens die departement se onvermoeë om behandeling te bied nie.
Die provinsie het onlangs R250-miljoen se befondsing terug gegee aan die Nasionale Tessourie, omdat dit nie gebruik was vir kankerbehandeling nie.
One Response
My vriendin het kanker en kan net sekere kanker pil gebruik. So skaars soos hoendertande dit het haar gehelp. So onregverdig