Luister nou

Begroting: “Parlementslede verskil, maar almal kan saamstem dat die ekonomie swaar trek”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Daar is steeds geen antwoord oor die begroting nie.

Lede van die Nasionale Vergadering sit alreeds sedert 14:00 in die parlement waar hulle moet stem oor die fiskale raamwerk en die BTW-voorstelle, wat in die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begroting verskyn.

John Burke van die DA.

Die DA en die ANC kon nie tot ‘n vergelyk kom nie en die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE) hang in die weegskaal.

Parlementslede kon eers sowat ‘n uur na die begin van die sitting ‘n beurt kry om hulle partye se standpunte te stel omdat die sitting verskeie kere ontwrig is deur LP’s wat onder meer aangevoer het dat hulle nie kon hoor nie. Hulle het ook beswaar gemaak oor die wettigheid van die fiskale raamwerk-verslag.

Die VF Plus-LP, Wouter Wessels, sê daar is baie kwessies waaroor parlementslede nie saam kan stem nie, maar meen elke LP sal kan saamstem dat Suid-Afrika finansiële- en ekonomiese uitdagings in die gesig staar.

Hy meen elke party sal saamstem dat ‘n verhoging in die BTW nie wenslik is nie.

Die DA-LP, John Burke sê die verslag wat gister voorgelê is, moes seker ‘n 1 April gekkedag-grap gewees het. Volgens hom is die verslag nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Die VF Plus se Wouter Wessels.

Burke sê die kans om ekonomiese groei te bewerkstellig is deur ActionSA, die IVP en die ANC weggegooi.

Dit nadat ActionSA en die IVP hulle gewig agter die ANC gegooi het oor die fiskale raamwerk. Burke meen ActionSA het sy ondersteuners uitverkoop.

Die EFF se Opphile Maotwe het benadruk dat die EFF nié die begroting ondersteun nie. Sy sê die EFF het aan Didiza geskryf oor die onwettige manier waarop die verslag gister aanvaar is.

ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, sê almal is vandag in die parlement omdat die RNE nie kan saamstem nie, al is hulle al nege maande saam in die regering.

Die minister van toerisme, en Good-leier, Patricia de Lille sê die DA, die EFF en die MK-party is die nuwe, sogenaamde “doomsday” koalisie omdat al drie partye die verslag van die hand gewys het.

Volgens De Lille is sy positief dat die moontlike 0,5% BTW-verhoging slegs vir ‘n jaar sal geld, en dat dit net tydelik is.

 

3 Responses

  1. Die DA moet bly in die RNE al is dit ook net om die ANC te ontstig en hulle senuwees gaar te maak. Donald Trump lag hom n papie oor die gebeure. Die hele wereld lag saam SA. DA moet nie die ANC hulle sin gee nie.

  2. Feit van die saak is die ANC wil maak breek soos julle wil en ons moet vir dit betaal!

  3. Owen Horwood het in 1978 toe avb 4% was net n tydelike maatreël. BTW in Tanzanië is 25 %

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Maroela Media

Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe

Fotokrediet: Netwerk 24

Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk

Fotokrediet - X

Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Tebello Mosikili

G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Ander Nuus Artikels

Telkom Towers
Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap
Gevangenes
173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping
Fotokrediet: Maroela Media
Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig
Fotokrediet: Maroela Media
Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe
Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk

Luister nou