|
Die LUR vir finansies in KwaZulu-Natal, Francois Rodgers, het bekend gemaak dat stadsrade in dié provinsie honderde miljoen-rand verloor het. Dit volg nadat die nasionale tesourie voorwaardelike toelaes ten bedrae van meer as R861-miljoen opgeskort het weens swak bestuur van dié toelaes. Rodgers sê dit raak 25 munisipaliteite in dié provinsie. Dit kom nadat die ouditeur-generaal vroeër die maand gesê het sy is bekommerd oor die finansiële prestasie van munisipaliteite in KZN. Programme wat hierdeur geraak word sluit energie-verskaffings- en openbare-werke projekte in. Rodgers sê hy is teleurgesteld in die swak prestasie van munisipaliteite, en die wanbestuur van finansies. “Hierdie swak prestasie raak dienslewering in daardie dorpe.” |
One Response
Dit is hoogtyd dat die BL!X$€M$ vasgevat word vir hul swak bestuur.