Luister nou

Opvolg: Politieke partye reageer na begrotingsrede uitgestel word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die EFF-leier Julius Malema sê die uitstel van die begroting dui daarop dat die regering van nasionale eenheid (RNE) in duie gestort het.

Dit kom nadat die begrotingsrede vroeër vanmiddag vir die eerste keer ooit uitgestel is. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza het aan parlementslede gesê dat dit uitgestel is na 12 Maart, omdat die RNE nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die begroting nie.

Die groot twispunt in die RNE is glo oor die beplande 2%-verhoging in die belasting op toegevoegde waarde.

Die VF Plus se dr Corné Mulder sê die RNE bly ernstig oor die toekoms van die land, en dat daar meer tyd nodig is die begrotingskwessies uit te stryk.

Hy sê die VF Plus steun die besluit om die begrotingsrede uit te stel.

LEES OOK: Blitsberig: Begrotingsrede vir die eerste keer ooit uitgestel

Die UDM sê die kabinet kan nie aan die parlement voorskryf of daar ‘n begroting voorgelê gaan word of nie, en dat parlementslede daaroor moes stem.

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê dit is die beste besluit om die begrotingsrede uit te stel omdat die RNE-lede nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die begroting nie.

Steenhuisen sê die voorgestelde styging in BTW van 15% tot 17% is een van die verskille waaroor RNE-vennote koppe stamp.

Hy meen die DA sal nie ’n begroting steun wat nadelig vir armes is nie. Steenhuisen sê die “historiese” uitstel van die begrotingsrede is ‘n aanduiding van die gewig wat die DA binne die RNE dra.

One Response

  1. Ek stem saam daar is darem polikieke partye wat arm volk van Suid Afrika voel en raak sien, wat die oorgrote meerderheid is, die ANC moet besef hulle het nie genoeg stem gekry nie, daarom is hulle in n RNE.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou