Die voormalige handelsmerkbestuurder van die SAUK, Nobuntu Mkhize, het om verskoning gevra vir haar gedrag tydens ʼn FlySafair-vlug.
Mkhize is in die kollig gewerp toe ‘n video in Desember 2024 wyd op sosiale media versprei is, waarin gesien kan word hoe sy rassistiese opmerkings teenoor ‘n lugwaardin maak. Sy was op 26 Desember van Durban op pad na Kaapstad.
Ongeag haar verskoning het sy dit duidelik gemaak dat sy steeds voortgaan met regstappe teen die lugdiens, die polisie en die SAUK. Volgens Mkhize het die SAUK haar ná dié voorval afgedank glo sonder dat hulle ‘n ondersoek gedoen het.
Volgens haar het die openbare uitsaaier nie die regte stappe gevolg om haar af te dank nie. Die SAUK se hoof van kommunikasie, Mmoni Ngubane sê dit is onwaar dat hulle Mkhize net afgedank het, en dat ‘n dissiplinêre verhoor wel plaasgevind het.
Tydens ‘n onderhoud met Newsroom Africahet sy daarop gesinspeel dat die lugwaardin se optrede uitlokkend was en tot haar eie optrede aanleiding gegee het.
Kyk hier na die video: https://twitter.com/KristyTallman/status/1874920486603522318
3 Responses
En dit maak ou alles reg. Sekere reëls geld mos vir sekere mense.
Some are more equal than others…
(Animal Farm)
Too little too late.