Talle verdagtes wat medies ongeskik verklaar is om verhoor te word, of wat weens hulle geestesgesondheid nie verantwoordbaar gehou kan word vir hulle misdade nie, word in gevangenisse aangehou.
Volgens Groundup ontvang baie van dié verdagtes nie die gespesialiseerde psigiatriese hulp wat hulle benodig nie, en word hulle ook nie in psigiatriese hospitale opgeneem nie.
Die nuusdiens berig dat die hoeveelheid pasiënte met geestes-toestande in tronke toeneem, terwyl die departemente- van korrektiewe dienste en gesondheid nie kan saam stem oor wie verantwoordelikheid vir dié kwessie moet aanvaar nie.
Die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald het vroeër in die parlement gesê dat hy talle briewe aan die minister van gesondheid gerig het waarin hy vra dat die departement van gesondheid plek moet maak vir dié pasiënte in die aangewese fasiliteite.