Luister nou

Verdagtes met geestesgesondheidstoestande in tronke aangehou nié hospitale

Deur Pretoria FM Nuusspan

Talle verdagtes wat medies ongeskik verklaar is om verhoor te word, of wat weens hulle geestesgesondheid nie verantwoordbaar gehou kan word vir hulle misdade nie, word in gevangenisse aangehou.

Volgens Groundup ontvang baie van dié verdagtes nie die gespesialiseerde psigiatriese hulp wat hulle benodig nie, en word hulle ook nie in psigiatriese hospitale opgeneem nie.

Die nuusdiens berig dat die hoeveelheid pasiënte met geestes-toestande in tronke toeneem, terwyl die departemente- van korrektiewe dienste en gesondheid nie kan saam stem oor wie verantwoordelikheid vir dié kwessie moet aanvaar nie.

Die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald het vroeër in die parlement gesê dat hy talle briewe aan die minister van gesondheid gerig het waarin hy vra dat die departement van gesondheid plek moet maak vir dié pasiënte in die aangewese fasiliteite.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou